Ouderdom:
8 - Volwasse
Taal:
Afrikaans

Tyd: 
30-60 minute
Ouderdom: 
2-6

Tipe: 
  Familie
 Genre:
Plaas/Besigheid
 Tyd:
6 - Volwasse
 Taal:
Afrikaans
Tyd: 
30-60 minute
Spelers: 
2-6
Tipe: 
  Familie
 Genre:
Plaas/Besigheid
 Tyd:
6-Volwasse
 Taal:
Afrikaans
Tyd: 
30-60 minute
Spelers: 
2-6
Tipe: 
  Familie
 Genre:
Plaas/Besigheid
Die Boereplaas Uitbreidingstel 2 het ‘n lekker klomp addisionele speelkaartjies wat saam met die oorspronklike Boereplaasstel gespeel kan word, en/of saam met Uitbreingstel 1 gespeel kan word. Dis snaakser, lei tot meer interaksie tussen spelers en dis meer onvoorspelbaar.

Soos gewoonlik is oom Sakkie weer besig met al sy streke en gaan spelers se geduld voorwaar getoets word. 

Uitbreidingstel 2 het ook ’n paar spesifieke bonus en verlies kaartjies. Indien jy hierdie kaartjies optel kan jy geld ontvang of betaal, maar jy sal ook van jou mede spelers inkomste verkry of aan hulle moet betaal. So ‘n kaartjie kan jou finansiële posisie vinnig verander, ten goede of ten slegte!

Behalwe vir die 72 addisionele kaartjies, is daar ook addisionele geldnote om seker te maak spelers se geld raak nie op gedurende die spel nie. 

Boereplaas is ’n bordspeletjie wat reeds dekades Afrikaanssprekendes se gunsteling is. Hierdie Boereplaas Uitbreidingstel 2 beloof nog meer opvoedkundige vermaak vir die hele gesin.

Boks: Basis en deksel
Speelbord: Nee
Speelkaarte: 72 speelkaarte
Speelstukke: Nee
Ander: Geld note
Dobbelsteen: Nee
Reëls: Nee
Share by: