BogWoordKies
is ’n Afrikaanse bordspel wat lekker gewild is onder gesinne wat smag na saamspeel sonder die gebruik van ʼn skerm. BogWoordKies is ’n taalspeletjie waar die spelers definisies vir woorde opmaak en hul taalvernuf gebruik om woorde reg te raai of stomstreke te speel. BogWoordKies kan maklik gesien word as ‘n kombinasie van Balderdash, Trivial Pursuit, en Pictionary.
Die Afrikaanse bordspeletjie mark word jaarliks meer gewild en hierdie nuwe speletjie is leersaam en pret - Bluf, mimiek, teken, raai die regte woord – leer spelenderwys Afrikaans ken!
Die “kies” in BogWoordKies
is nie ’n spelfout nie; dit verwys na die slagspreuk tong-in-die-kies. Die bordspel was hoofsaaklik vir pret ontwikkel, maar dit help ook Afrikaanssprekendes om die taal beter te leer ken.
Die spel word gespeel met Woordkaarte of Vat ’n Kans-kaarte. Spelers probeer om eerste by die wenpunt te kom deur gebruik te maak van bluf, mimiek, tekeninge, algemene kennis of pure geluk. Daar is ook plekke op die bord waar spelers ʼn boete of bonus ontvang, sou hulle daarop beland.